Ten Bate van Jakaranda Kinderhuis se Geestelike  Bediening Ten Bate van Jakaranda Kinderhuis se Geestelike  Bediening

Ten Bate van Jakaranda Kinderhuis se Geestelike Bediening

Om die Jakaranda Geestelike bediening te befonds verkoop ons hierdie jaar vleis "Hampers"

Om die Jakaranda Geestelike bediening te befonds verkoop ons hierdie jaar vleis "Hampers"

Hoe, waar en wanneer?

Bestellings, afhaal en betaling
Bestellings word geplaas op hierdie platform vanaf 1 September. Alternatiewelik kan jy ook die Kerkkantoor skakel en jou bestelling plaas - 012 756 4223. Bestellings sal gereed wees vir afhaal op Vrydag 10 September vanaf 14:00 by die Familiekerk NG Kameeldrif. Betalings kan per EFT gedoen word of kaartbetalings met afhaal van jou hamper.
Meer oor Jakaranda Geestelike bediening

Meer oor Jakaranda Geestelike bediening

Die Familiekerk NG Kameeldrif is verantwoordelik vir die Geestelike bediening by die Kinderhuis. Die fokus is nie slegs op die kinders nie maar ook op die personeel wat verantwoordelik is vir hierdie kinders se fisiese versorging en emosionele welstand. Die personeel sluit huisouers, maatskaplike werkers en mediese personeel in. Die gemeente is ook betrokke by die kinderhuis se bestuursraad en is deel van die multi-dissiplinêre span van die kinderhuis. Daar is tans 200 kinders in Jakaranda Kinderhuis, waarvan meer as 'n derde deel vorm van die Geestelike bediening se fietsry projek wat van Maandae tot Donderdae plaasvind. Ons neem ook graag kinders uit vir roetes by plekke soos Buffelsdrif wat vir die kinders nuwe geleenthede bied, hulle horisonne verbreed en hul selfbeeld bevorder. Tydens die groepe wat weekliks plaasvind drink ons saam koffie, hanteer ons moeilike vrae en gesels ons oor die Bybel en ons geloof. By die kleuterhuis fokus ons op bybelstories om sodoende die kinders se bybelkennis te verbreed. Ons het hierdie platform gestig sodat die gemeente op n ander manier n bydra kan lewer tot die Geestelike bediening van Jakaranda Kinderhuis en ons hoop dat julle ons op hierdie nuwe manier sal ondersteun.
Ds Drian Viljoen - Is tans verantwoordelik vir die bediening

Ds Drian Viljoen - Is tans verantwoordelik vir die bediening

Kontak ons

Vir navrae of enige verdere inligting skakel ons gerus
Kantoor Ure
Maandae - Vrydae 08:00 - 13:00